Het jy enige taalwerk in Afrikaans of Engels nodig? Moenie huiwer om met my in verbinding te tree nie. Ek kan jou help met vertaling, nasien en proeflees van kort stukke soos briewe of artikels, sowel as langer dokumente, verslae, verhandelinge, ens. Ek is volkome tweetalig en werk uit Engels in Afrikaans en uit Afrikaans in Engels.
Ek het meer as 40 jaar ondervinding van vertaal- en nasienwerk.
Ek het 22 jaar lank by die Kamer van Mynwese gewerk, in die begin as vertaler en uiteindelik, toe die vertaalafdeling gesluit is, as hoofvertaler. Die werk by die Kamer het die wye verskeidenheid onderwerpe en vakgebiede gedek waarby die mynbedryf en sy werknemers betrokke is – mynbedrywighede, gesondheid en veiligheid, regskwessies, arbeidsaangeleenthede, vakbonde, onderwys en opvoeding, die omgewing en so meer.
Sedert 1996 werk ek op ’n vryskutgrondslag. Die grootste deel van my werk in dié tydperk was as vertaler vir Finweek.
Ek woon in Johannesburg. Ongeag waar in die wêreld jy is, stuur my ’n boodskap sodat ons jou behoeftes kan bespreek. My adres is:
E-pos: [email protected]
Betaling kan d.m.v. elektroniese bankoorplasing of PayPal gedoen word.